Die bladsy word gelaai...

Simboliek van ons Embleem

Die beeld van die vis het in die ou Christelike kerk die simbool van die Christendom geword. Hulle het die vis as geheime teken gebruik om so aan te toon dat hulle Christene is in die onderaardse kamers en gange in Rome wat die vervolgde Christene as skuilplek gebruik het, het baie tekeninge van visse voorgekom.

Die Griekse woord vir "vis", nl. ICHTUS, is gevorm uit die eerste letters van die Griekse woorde Ieous THeou Uios Soter.

I is die eerste letter van die woord Jesus in Grieks

CH is die eerste letters van die woord Christus

TH is die eerste letters van die woord THeo wat Grieks vir God is

U is die eerste letter vir Uios, Grieks vir Seun van God

S is die eerste letter vir Soter, Grieks vir Verlosser

In Afrikaans beteken dit dan "Jesus Christus Seun van God Verlosser". Iemand wat dus die simbool van die vis dra, bely dat hy glo dat Christus, die Seun van God, sy Verlosser is.

Verder dui dit ook aan dat ons vissers van mense moet wees. Ons lees in Markus 1:17 dat Jesus vir die vissermanne gesê het: "Kom hier! Kom saam met my en Ek sal julle vissers van mense maak."

Die vis verteenwoordig ook die Weskusstreek wat bekend is vir sy lekker vissoorte.

Die Namakwalandse daisy verteenwoordig die blommeprag waarvoor Namakwaland reeds wêreldwyd bekend is.

Die groen kleur is gekies omdat dit groei aandui. Dit verteenwoordig die geestelike groei van ons as Christene asook die groei van ons as Christen media.

Luister Listen
Nou op die lug
Deurnagmusiek
Daagliks
00:00 - 06:00

SMS ons by 33282. Tik "RN", spasie, en dan jou boodskap. SMS'e kos R1,50 elk.
E-pos direk na die ateljee: rn@radionamakwaland.rsa.nu
Skakel ons by (027) 213 4208 of faks (086 559 5370) tussen 07:30 en 17:30
Blitsmening
Is jy van mening dat Radio Namakwaland relevant is?
...
    1
  • 100%
    1,1,false,300,full
  • 80%
    1,2,false,300,full
  • 60%
    1,3,false,300,full
  • 40%
    1,4,false,300,full
  • 20%
    1,5,false,300,full